MunicipalNews

Verkeersafdeling se deure 10 dae lank toe

Die Bela-Bela verkeersafdeling in Van der Merwestraat het op Vrydag 18 September sy deure vir tien dae gesluit nadat een van die personeellede positief vir Covid-19 getoets is.

Inwoners was uiters verbaas toe hulle verneem hoe lank dié kantoor gesluit sal wees.

Bitter min plekke sluit deesdae vir langer as ’n paar dae nadat iemand positief vir die virus getoets is.

Die munisipaliteit het in ’n verklaring gesê werksaamhede sal eers op Maandag 28 September hervat word.

Die rede hiervoor is glo dat die gebou ordentlik gesaniteer kan word en alle personeellede die geleentheid gegun word om self te isoleer. Dit sal ander werkers genoeg tyd gun om vas te stel of hulle ook die virus opgedoen het, lui die verklaring.

Die verklaring het voorts gelui dat alle afsprake en besoeke aan dié lisensiekantoor uitgestel sal word na ander datums.

Dié kantoor was sedert die begin van die inperking telkemale in die spervuur nadat inwoners by Die Pos, op openbare forums en by die munisipaliteit gekla het oor die lang ure se gewag om gehelp te word, mense wat weggewys word weens die afdeling se rekenaarstelsels wat “van lyn af” is en omdat daar glo herhaalde foute, soos onduidelike vingerafdrukke, in aansoeke opduik. Ander klagtes sluit in gereelde papier- en personeeltekorte en dat mense al vir meer as ’n jaar op be- stuurslisensies wag.

Die Pos het ’n kenner van die Covid-19-re- gulasies gevra of dit normaal is dat die verkeerskantoor vir só lank gesluit word.

Die persoon, wat anoniem wou bly, het aan Die Pos gesê die Covid-19-regulasies bepaal dat instansies in sulke gevalle binne 24 uur hul kantore moet steriliseer en dan vir minstens twee of drie dae vir die publiek gesluit moet wees, afhangende van hoe hoog die risiko vir die verspreiding van die virus is.

Die kenner het gesê daar kan in uitsonderlike gevalle, soos wanneer ’n persoon wat die virus onder lede het met talle werknemers in kontak was, besluit om die instansie vir langer gesluit te hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button