MunicipalNews

Moedeloos! Moedeloos! Moedeloos!

Hierdie probleem gaan nooit einde kry nie, want die mense wat dit herstel, verstaan nie hoe pype en riool werk nie. Daar is baie nuwe huise gebou en daardie pype is heeltemal te dun vir al die mense. — Inwoner

Inwoners van Paul Krugerstraat in Modimolle is raadop met rioolprobleme wat al jare lank onopgelos bly.

Die Pos het die afgelope week weer klagtes ontvang van riool wat in dreine opstoot en deur erwe spoel.

“Dit spoel reg by my agterdeur verby. Ons wil graag oor naweke buite sit, maar die stank is net te erg,” het Isabel Bosch, wat in dié straat woon, gesê.

 

Dié rioollyn in Paul Krugerstraat in Mo-
dimolle besorg al jare lank vir inwoners hoofbrekens. Hoewel die gat vir meer as ’n jaar lank vol rioolwater gestaan het nadat dit herstel is, lek daar weer riool uit wat reguit in die Klein Nylrivier loop.

 

Riool loop uit ’n pyp enkele meters van die Klein Nylrivier af reguit in die rivier in. Die munisipaliteit het in 2018 ingegryp en die pyp oopgegrawe om te herstel. Dit het meer as ’n jaar lank so bly staan en ’n gevaarlike diep gat het mettertyd gevorm. Die gat was vol rioolwater.

Die munisipaliteit het die pyp in Julie 2019 herstel en die gat toegegooi. Die blyk dat die oplossing egter van korte duur was en die stinkende rioolwater het weer in die rivier beland.
Verbygangers het stilgehou om oor die riool te kla terwyl Die Pos foto’s geneem het. “Hierdie probleem gaan nooit einde kry nie, want die mense wat dit herstel, verstaan nie hoe pype en riool werk nie. Daar is baie nuwe huise gebou en daardie pype is heeltemal te dun vir al die mense,” het ’n man op pad Phagameng toe vies gesê.

Nog een se kommentaar was dat hy bly is hy het ’n gesigmasker op as hy daar verbyloop.

“Ek dink nie hierdie probleem gaan ooit opgelos word nie. Die munisipaleit verwag dat ons maar net so in die stank moet bly.”

By navraag het Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, gesê sy sal kommentaar hieroor lewer sodra sy met amptenare by die department van water-
dienste gepraat het.

Related Articles

Back to top button