MunicipalNews

Groot kommer oor Limpopo se stortingsterreine

Die diagnose lyk nie goed nie en die pasiënt is dodelik siek.

Dit is die gevolgtrekking wat AfriForum gemaak het nadat hulle nege munisipale stortingsterreine in Limpopo geoudit het en bevind het dat almal behalwe een in ’n haglike toestand is. Dit sluit die stortingsterrein in die Modimolle/Mookgophong- en Bela-Bela-munisipaliteite in.

Die burgerregte-organisasie se oudit van die terreine bestaan uit ’n lys van 33 vrae wat die minimumvereistes vir stortingsterreine meet en sluit onder meer faktore soos toegangsbeheer, brande, mediese afval, omheining en rehabilitasie in. Wetgewing vereis dat ’n stortingsterrein minstens 80% behaal. Die stortingsterrein in Modimolle, wat jare reeds vir inwoners hoofbrekens besorg met ge reelde brande wat rookwolke oor die woongebied laat hang, het ’n skamele 4% behaal. Die stortingsterrein in Mookgophong het 30% behaal en die een in Bela-Bela 38%.

 

ADVERTENSIE / ADVERTISEMENT

 

Die enigste stortingsterrein in die provinsie wat aan die vereistes voldoen, is in Tzaneen en het ’n persentasie van 98% behaal.

Magdel Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo, het gesê die algemeenste probleme wat hulle tydens die oudit ondervind het, is die afwesigheid van afvalbestuurslisensies en die algehele wanbestuur van die terreine.

“Die meeste terreine beskik ook nie oor die nodige personeel of voldoende toegangsbeheer nie.”

Sy het die haglike toestande waarin die terreine is toegeskryf aan munisipaliteite wat nie die toerusting herstel en instandhou nie.

In Modimolle word daar reeds etlike maande lank aan die nuwe stortingsterrein, wat naby die Drie Hekke-gebied geleë is, gewerk. Die huidige terrein sal gesluit word sodra die nuwe terrein ten volle werk.

Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, het gesê die nuwe terrein is sowat 40% voltooi, maar personeelprobleme veroorsaak oponthoude. Die werk kon ook nie tydens die grendeltyd voortgaan nie. “Ons sal hopelik binnekort hierdie terrein kan open,” het sy gesê.

“Goeie nuus is dat een van ons kontrakteurs se kontrakte in Julie afgehandel is en die munisipaliteit eerder hul eie toerusting sal aankoop om die werk te doen. ’n Ooreenkoms hieroor is reeds met die tesourie onderteken wat die kontrakte geoudit het. Ons sal dit oor drie jaar afbetaal,” het sy gesê.


Baie dankie aan Pavecon sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button