MunicipalNews

Registreer en kry laer rekening

Diegene wat geregistreer is, ontvang 50 kw gratis elektrisiteit, 6 kl gratis water en gratis vullisverwydering en eiendomsbelasting.

Die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit nooi inwoners wat slegs ’n regeringstoelaag ontvang, minder as R4 000 per maand verdien of werkloos is, om te registreer vir ’n subsidie vir hulpbehoewendes.

Diegene wat geregistreer is, ontvang 50 kw gratis elektrisiteit, 6 kl gratis water en gratis vullisverwydering en eiendomsbelasting.

Daar kan by die munisipaliteit self geregistreer word, maar registrasiepunte sal ook in wyke beskikbaar wees soos by gemeenskapsale en klinieke, het Marlene van Staden, burgemeester, gesê. Dié inligting sal deur wyksraadslede aan gemeenskappe deurgegee word.

Van die wyke se registrasies is reeds afgehandel. Wyk 6 se inwoners kan op Vrydag 14 Februarie om 09:00 registreer, wyk 13 kan op Saterdag 15 Februarie om 15:00 registreer en wyk 12 op Maandag 17 Februarie om 09:00. Wyk 14 se beurt is op Dinsdag 18 Februarie om 09:00, wyk 8 kan op 20 en 21 Februarie om 09:00 registreer, wyk 7 op Maandag 24 Februarie om 09:00 en wyk 5 op Dinsdag 25 Februarie om 09:00. Die datums en tye vir wyk 9, 11 en 2 sal nog bekendgemaak word.

Van Staden het inwoners daaraan herinner dat dit belangrik is om vir dié toelae te registreer omdat dit die billike deeltoelaag wat die munisipaliteit van die regering ontvang, beïnvloed. Dit kan weer gebruik word om die munisipaliteit se groot finansiële las te help dra.

“Daar is tans 5 500 mense vir dié subsidies geregistreer. Ek dink egter as ons kyk na die werkloosheidsyfer, die swak ekonomie en na hoeveel pensioentrekkers sukkel om kop bo water te hou, die syfer hoër moet wees,” het sy gesê.

“Inwoners moet ook in gedagte hou dat inwoners bo die ouderdom van 60 jaar, wat minder as R10 000 per maand ontvang, kwalifiseer vir afslag op hul eiendomsbelasting,” het sy gesê. “Dit is reeds in ons goedgekeurde tariewe vervat en hulle moet dit net kom aanvra by die munisipaliteit.”

Related Articles

Back to top button