MunicipalNews

Munisipaliteit spaar duisende

“Die DA het hierdie stap gedoen om meer omgewingsvriendelik te wees en om onnodige onkoste te verminder sodat ons beter dienste aan inwoners kan lewer.”

Weg met papier!

Die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit het die dik, bonkige agendas vir raadsvergaderings vaarwel toegeroep in ’n poging om geld te bespaar.

Raadsvergaderings sal voortaan sonder die lywige dokumente vir elk van die 28 raadslede, wat in vier dorpe in die munisipaliteit versprei is, voortgaan. Pleks daarvan sal tablette en elektroniese kopieë gebruik word.

Volgens DA-raadslid Bianca Mocke het die munisipaliteit ’n gemiddeld van 30 960 kopieë per maand vir al die vergaderings van die raad, wat spesiale raadsvergaderings, uitvoerende komitee vergaderings en portefeulje komitee vergaderings wat maandeliks byeenkom, gemaak.

Diá stap sal die munisipaliteit, wat in ’n erge finansiële knyptang is, na raming R1,5 miljoen per jaar spaar.

“Die DA het hierdie stap gedoen om meer omgewingsvriendelik te wees en om onnodige onkoste te verminder sodat ons beter dienste aan inwoners kan lewer,” het Mocke gesȇ.

Hierdie stap bespaar die munisipaliteit ongeveer R123 000 per maand aan papierkoste, maar sluit nie oortyd, brandstof en afleweringskostes in nie.

Die geld wat bespaar word, het Mocke gesȇ, sal vir dienslewering gebruik kan word.

Related Articles

Back to top button