MunicipalNews

Twee dorpe groenstes in die Waterberg

Die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit het ’n toekenning ontvang as die tweede “groenste” munisipaliteit in die Waterberg-distrik, met Bela-Bela wat as wenner uit die kompetisie weggestap het.

Die ander munisipaliteite in die distrik is Mogalakwena, Thabazimbi en Lephalale.

Raadslid Bianca Mocke van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit het gesê die toekenning sal amptenare inspireer om nog harder te werk sodat die munisipaliteit die beste in die distrik en uiteindelik in die provinsie kan wees. Die prysgeld het R25 000 beloop.

Die kompetisie word jaarliks deur die departement van omgewingsake aangebied en kyk na aspekte soos hoe vullis hanteer word, munisipale tuine, energiedoeltreffendheid, gemeenskapsbemagtiging, bewaring, asook na leierskap en institusionele maatreëls.

Munisipaliteite in dié streek het groot uitdadings wat onder meer die hantering van vullis en riool insluit.

“Die munisipaliteit is goed daarheen op pad om papierloos sake te doen om ons impak op die natuur te verminder. Die munisipaliteit het ook sy rioolaanlegte opgegradeer. Die suksesvolle samewerking tussen die munisipaliteit en ondernemings en ander privaat organisasies het ’n groot bydrae gelewer om die lewensomstandighede van inwoners te verbeter,” het Mocke gesê.

Related Articles

Back to top button