MunicipalNews

Twee in hof oor beweerde onwettige grondverkope

Bewerings wat lank reeds die ronde doen dat grond on­wettig in Tsakane buite Bela-Bela ver­koop word, het nou tot ’n hof­saak gelei.

Harrison (59) en Andries (42) Mojela is op Son­dag 23 Junie deur die Bela-Bela-polisie in heg­tenis geneem nadat hulle glo on­wet­tig erwe in die Tsa­kane-neder­setting, op die Eers­bewoond­pad buite Bela-Bela, verkoop het.

Albei mans is van bedrog aange­kla en het reeds in die Bela-Bela-land­dros­hof verskyn. Borgtog van R500 is aan Harrison en R1 000 aan Andries toegestaan. Hulle saak is uitgestel tot Don­der­dag 25 Julie vir ver­dere onder­soek.

Volgens die polisie is die klaer in die saak Henriëtta Ledwa­ba, voor­ma­lige burge­meester en hui­dige raads­lid en ANC-hoof­sweep van Bela-Bela.

Honderde nuwe wonings het kort voor die muni­sipale verkie­sing in Augus­tus 2016 daar verrys. Die neder­set­ting bars nou behoorlik uit sy nate.

Die Pos het reeds verskeie kere berig oor die veilig­heids­gevare wat dié neder­set­ting inhou, asook die nega­tiewe impak op veral die gas­vry­heids­bedryf in dié omge­wing. Die polisie het tydens die dorp se jongste veilig­heids­verga­dering by die plaas­like polisie­stasie bevestig dat hulle gereeld klagtes van rus­versto­ring uit hierdie gebied ontvang.

Die polisie het intussen bekend­ge­maak dat alle on­wet­tige sjebeens in Tsakane gesluit is.

Die grond behoort aan die Water­berg-distrik­munisi­pa­liteit. Volgens woord­voer­ders van albei muni­sipa­liteite is die proses om die grond oor te dra aan die Bela-Bela-muni­sipa­liteit reeds begin.

Die Be­la-Be­la-mu­ni­si­pa­li­teit het eg­ter na verneem word se­dert 2016 gra­tis vul­lis­ver­wy­de­ring aan Tsa­ka­ne-in­wo­ners toe­ge­staan. Es­kom het hul krag­net­werk daar uit­ge­brei en Ma­ga­lies Wa­ter het 300 put­toi­let­te daar aan­ge­bring. Die Pos verneem op goeie gesag dat die mu­ni­si­pa­li­teit dit verlede jaar oorweeg het om die in­wo­ners na ’n an­der ge­bied te skuif, maar dit het nooit gebeur nie.
’n Woord­voerder het vroeër aan Die Pos gesê die Bela-Bela-muni­sipa­liteit moet eers ’n goed­gekeurde begro­ting indien voordat oordrag kan plaas­vind.

Daar is tans 3 919 ge­re­gis­treer­de hulp­be­hoe­wen­des in die he­le mu­ni­si­pa­le ge­bied wat gra­tis krag en wa­ter ont­vang, het Ka­be­lo Mo­si­to, mu­ni­si­pa­le woord­voer­der, vroe­ër ge­sê.
Die saak duur voort.

Related Articles

Back to top button