MunicipalNews

Dam kan dalk binnekort water verskaf

Danksy die goeie reën wat die afgelope seisoen geval het, het die damvlak volgens die munisipaliteit tot op 62% gestyg en kan daar weer water uit die dam gepomp word.

Inwoners hou duime vas dat die watertekort op Modimolle binnekort iets van die verlede sal wees.

Waterrantsoeneringskedules bepaal reeds etlike weke lank watter dele van die dorp op sekere tye water ontvang. Dit lei dikwels tot groot frustrasie onder inwoners as water nie stiptelik beskikbaar is nie.

Die Donkerpoortdam, wat aan sowat 40% van die dorp se waterbehoeftes voldoen, is sedert Oktober te leeg om uit te pomp. Danksy die goeie reën wat die afgelope seisoen geval het, het die damvlak volgens die munisipaliteit tot op 62% gestyg en kan daar weer water uit die dam gepomp word. Dit is na verneem word die hoogste vlak sedert Maart 2014.

Volgens Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, is daar ‘n paar weke gelede al begin werk om die watersuiweringsaanleg by die Donkerpoortdam skoon te maak en in werking te kry.

Die opgaardam in Gholfstraat wat water vanaf die dam ontvang, het egter meer aandag geverg as wat verwag is. Dit is vermoedelik in 2016 laas skoongemaak en ’n dik laag sediment lê op die bodem. Dié laag is met die hulp van ’n laaigraaf verwyder.

Volgens Van Staden sal water vanaf die dam na die opgaardam gepomp word sodra dit skoon gemaak is. Vandaar sal dit in die waternetwerk gepomp word. Die waterrant-soeneringskedules bly tot dan onveranderd. Van Staden het ’n beroep op inwoners ge-doen om spaarsaam met water te werk.

Related Articles

Back to top button