MunicipalNews

Groen Skerpioene stel sy visier op Modimolle-riool

“Ons het besluit om ’n proses te begin om ’n kennisgewing aan die slagpale te gee sodat toekomstige lekkasies beperk en enige skade wat reeds aangerig is, herstel kan word.”

Die ondersoek na die oorsaak van die riool wat al jare lank in die Klein Nylrivier in Mo-dimolle stroom, vorder volgens die Groen Skerpioene fluks.

Dié ondersoekafdeling van die departement van omgewingsake het bevestig dat die saak wat onlangs deur die Vryheidsfront Plus aanhangig gemaak is, deur die Mo-dimolle-polisie na hulle verwys is.

Volgens Albi Modise, woordvoerder van die departement, is verskeie getuieverslae reeds ingesamel en probeer hulle om die ondersoek so spoedig moontlik af te handel.

Die Pos het vanjaar reeds breedvoerig berig oor riool wat vanuit verskeie mangate wat naby die rivier geleë is in die strate afspoel vanwaar dit in die rivier beland, asook die inwoners se kommer oor die gevaar wat besoedeling inhou.

Die stank skep ook probleme.

Modise het gesê die klag wat gelê is oor die bloedwater wat gereeld vanuit ’n mangat langs die slagpale in die nywerheidsgebied stroom, is ook in Januarie na die departement van omgewingsake verwys. “In dié geval kan die oorsaak ook wanfunksionerende infrastruktuur wees, wat die fokus van ons ondersoek in 2018 was.

“Ons het besluit om ’n proses te begin om ’n kennisgewing aan die slagpale te gee sodat toekomstige lekkasies beperk en enige skade wat reeds aangerig is, herstel kan word,” het hy gesê. Teen druktyd was meer inligting hieroor nog nie bekend nie.

Die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit en die Waterberg-distriksmunisipaliteit sou die afgelope week oor die kwessies vergader het. Daar kon voorheen nie ooreengekom word wie verantwoordelik is vir die probleem nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button