MunicipalNews

Brug by treinoorgang eersdaags voltooi

Die brug na die Bela-Bela township in Milestraat op die R101-pad na Modimolle nader uiteindelik voltooiing.

Kabelo Mosito, munisipale woordvoerder, het by navraag gesê die munisipaliteit hoop dat die kontrakteurs alle werk op Vrydag 14 Desember voltooi sal hê waarna die pad vir verkeer oopgestel kan word.

Motorryers op die R101-pad na Modimolle se geduld word beproef met die onwettige ingang na die township oorkant die Ikageng Youth Centre. Dié ingang hou ’n gevaar in omdat daar geen verkeerstekens is om aan te dui dat bestuurders gaan draai nie.

Die brug se heropening sal ook verligting bring vir verkeer op die R516-pad na Settlers. Daar word elke naweek ’n opeenhoping van verkeer ondervind, het Mosito gesê.

Volgens hom is daar sprake dat ’n gedeelte van die pad wat vanaf die brug na die nywerheidsgebied lei, met gruis bedek sal word. Paaie in die nywerheidsgebied het die laaste paar jaar baie versleg weens druk swaar voertuigverkeer en omdat daar nie voldoende instandhouding gedoen word nie. Inwoners wat die paaie in die nywerheidsgebied gereeld moet gebruik sê wan-neer dit reën, is die toestand van die paaie nog erger.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button