AdvertorialBusinessNews

Gewilde buitelugekspo het iets vir elkeen se smaak

Die ekspo bied ’n uitstekende geleentheid aan buitelewe-uitstallers om hul nuutste produkte in ’n veilige plaasatmosfeer aan besoekers te wys.

Dis weer amper tyd vir die 2018 kykNET Buite Ekspo Limpopo wat vanaf 28-30 September by Sondela Natuurreservaat en Spa buite Bela-Bela aangebied word.

Dié vakansieoord is ongeveer 80 km noord van Pretoria, reg langs die N1-snelweg by die Bela-Bela-afrit.

Die ekspo word vanjaar vir die 18de keer aangebied. Daar word twee ekspo’s per jaar aangebied — een in Limpopo en een in die Wes-Kaap.

Vanjaar is dit egter die eerste keer dat die geleentheid by Sondela plaasvind en die program bied behoorlik iets vir elkeen se smaak.

Die ekspo bied onder meer ’n uitstekende geleentheid aan buitelewe-uitstallers om hul nuutste produkte in ’n veilige plaasatmosfeer aan besoekers te wys.

Uitstallers word aangemoedig om op hulle uitstalruimtes te kampeer om sodoende die produk te demonstreer soos wat dit aange-wend sou word in ’n werklike kampeeromgewing.

Daar sal ook ’n snuffel- en kunsmark wees wat spesifiek op vroue gerig is, asook ’n groot verskeidenheid kosstalletjies, ’n kroeg, biertuin, ’n Mosambiek-vakansie-ervaring, GT Camper-braaihoek en ’n tropiese “slush” area.

Daar sal ’n groter speelpark vir die kinders wees en die bekende Gretha Pers sal haar verskyning op die verhoog maak.

Besoekers wat op soek is na meer adrena-liengedrewe aktiwiteite kan saam met André de Villiers in sy Amarok ry of ’n veldrenritervaring beleef.

Besoekers kan ook die 4×4 Extreme-manne dophou terwyl hulle die spesiaalontwerpte voertuie deur die hindernisbaan stuur.

Vrydagaand word Toks en Tjops regstreeks vanaf die ekspoterrein uitgesaai en gedurende die naweek sal verskeie kunstenaars soos Liezel Pieters, Chris Chameleon, Pieter Smith, EON, Riaan Grobler, Wynand en Cheree, Cordelia, Neil Somers en Len Muller hul ver-skyning saam met Altus Theart as seremoniemeester maak.

Suid-Afrikaners se lewens draai grotendeels om sport en spesifiek rugby. Daarom word die toets tussen Suid-Afrika en Australië om 16:00 uitgesaai by die GT Camper-sportpark. Daar sal ook ’n paneelbespreking wees en kunstenaars sal as deel van hierdie gewilde bespreking optree.

Die sepiesterre van kykNET se Binnelanders en Getroud met Rugby sal oudergewoonte dit saam met vier gelukkige lede van die publiek uitspook om as die 2018-braaikoning gekroon te word in die Jimmy’s Steakhouse Sauce Celebrity-braaikompetisie.

Om die kersie op die koek te plaas, kan besoekers teen slegs R295 vir ses minute lank oor die reservaat in ’n helikopter vlieg.

Die Sondagoggend bied Sondela vir die eerste keer in baie jare ’n volwaardige bergfietswedren, met verskeie afstande, saam met die ekspo aan.

Toegang vir dagbesoekers is baie billik en beloop tussen R20 en R80, afhangende van die dag waarop die ekspo besoek word en die ouderdom van die besoeker.

Kaartjies is beskikbaar by die hek of by Computicket.

Vir meer inligting oor die ekspo besoek die webwerf by www.ekspo.co.za(.) Akkommodasie by Sondela is beperk. Skakel die oord by tel. (014) 736 8900. Besoek ook Sondela se webwerf by www.sondela.com vir meer inligting oor die geriewe by dié oord.

Vir akkommodasie elders in die omgewing besoek www.belabelatourism.co.za(.)

Uitstallers kan navrae rig aan Tersia by tel. 071 659 9915 of stuur ’n epos na accounts@ekspo.co.za(.)

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button