AdvertorialBusinessNews

Cruisers trek wéér saam in Bosveld

Dit gaan ’n miernes van bedrywighede by Sondela-natuurreservaat net buite Bela-Bela wees as Land Cruiser-eienaars van oor die hele Suid-Afrika vir ’n unieke Land Cruiser-fees saamtrek.

Vanjaar se Land Cruiser-fees word die naweek van 17-19 Augustus aangebied. Dit sal die sesde keer wees dat dié gewilde saamtrek gehou word.

Cruiser-eienaars en besoekers sal nie net lekker rondom die braaivleisvure kuier en ontspan nie, daar sal ook gepoog word om twee nuwe rekords op te stel.

Die rekord vir die meeste Land Cruisers op een terrein is in 2017 opgestel toe 431 Cruisers saamgetrek het. ’n Tweede rekord is in dieselfde jaar opgestel toe 415 Cruisers in ’n konvooi gery het. Vanjaar sal albei hierdie rekords uitgedaag word.

Cruisers van elke kleur en reeks sal deel van die saamtrek wees waaronder FJ Cruisers, Lexus-modelle, alle Cruiser-stasiewaens, Prado’s en Cruiser-bakkies.

Buiten die aanslag op die twee rekords, word daar deur die loop van die naweek ook verskeie ander aktiwiteite by Sondela aangebied. Cruiser-eienaars, wie se voertuie vir die geleentheid geregistreer is, kan deelneem aan Land Cruiser-veldrenervarings of hulle staal wys op die 4×4-hindernisbaan of aan die versnelrenne deelneem. Cruiser-voertuie kan aanlyn geregistreer word by www.ekspo.co.za(.)

Besoekers kan ook uitsien na ’n verskeidenheid kosstalletjies, kindervermaak, kunstenaars wat sal optree, buiteluguitstallers en bergfietsroetes.

Toegangsgeld vir dagbesoekers is R50 per persoon en dit kos R350 om te registreer vir die Cruiser-uitdaging (maksimum vier persone).

Kontak Sondela vir verblyfopsies in die oord by tel (014) 736 8910. Vir meer inligting oor die Land Cruiser-saamtrek, besoek die webwerf www.ekspo.co.za(.)

Related Articles

Back to top button