MunicipalNews

Die ligte bly (vir eers) aan

Eskom sal voortgaan met kragonderbrekings indien die munisipaliteit nie by sy afbetalingsvoorwaardes hou nie.

Daar is goeie nuus vir diegene wat reeds kerse en paraffienlampe begin nader trek het vir die verwagte Eskom D-dag wat die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit van more (29 Junie) sou tref.

Marlene van Staden, burgemeester, het vanoggend (Donderdag) in ’n persverklaring bevestig dat Eskom nie môre die kragtoevoer sal sny nie.

Dit kom ná ’n hofbevel wat Dinsdag 26 Junie toegestaan is om die munisipale krediteure vir die volgende 90 dae te verbied om stappe teen die munisipaliteit te neem.

Lees ook: Kragkrisis: DONKER of NIE?

Eskom het in ’n verklaring gesê dat hulle wel sal voortgaan met kragonderbrekings indien die munisipaliteit nie by sy afbetalingsvoorwaardes hou nie.

Die Waterberg-sakekamer se aansoek teen Eskom word vandag in Pretoria aangehoor.

Related Articles

Back to top button