MunicipalNews

Vier dae oor

Net ’n wonderwerk kan nou help.

Die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit het binne vier dae ’n wonderwerk nodig of die kragtoevoer na Modimolle, Mookgophong en Vaalwater word drasties gesny.

Eskom het verlede week finale waarskuwings uitgestuur dat dié kragreus op Vrydag 29 Junie met beurtkrag begin weens die munisipaliteit se enorme agterstallige skuld. Die Waterberg-sakekamer, asook die munisipaliteit, is dié week in die hof om die proses te probeer stuit.

Die munisipaliteit het ’n aansoek in die hooggeregshof in Polokwane gebring in die hoop om regsaksie deur krediteure soos Eskom te stuit. Dit word op Dinsdag 26 Junie, aangehoor.

Die sakekamer se aansoek teen Eskom en verskeie regeringsinstansies word op Donderdag 28 Junie in Pretoria aangehoor.

Hulle wil deur hul aansoek die provinsie en die nasionale tesourie dwing om in te gryp in die munisipaliteit se geldelike verknorsing.

Die sakekamer vra inwoners dringend om hul regsaksie geldelik te ondersteun.

Related Articles

Back to top button