MunicipalNews

Bela-Bela-inwoners in Wyk 9 moet eersdaags weer stembus toe

Die munisipale wyksgrense het voor die 2016-munisipale verkiesing verander, soos bepaal deur die munisipale afbakeningsraad.

Die tussenverkiesing om ’n nuwe wyksraadslid vir Wyk 9 in Bela-Bela te kies, vind op Dinsdag 17 Julie plaas.

Inwoners van dié wyk moet seker maak dat hulle by die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) geregistreer is en weet waar om te stem.

Die verkiesing word gehou nadat Kobus van der Merwe, voormalige DA-raadslid van Wyk 9, in April as raadslid by die Bela-Bela-munisipaliteit bedank het. Hy en sy gesin het intussen na die Wes-Kaap verhuis.

Die DA het Eddie Aschendorf van Spa Park as kandidaat benoem en die EFF het Andreas Mwambo van Vingerkraal as kandidaat aangewys.

Die ANC en die Bushbuckridge Residents Association (BRA) moet nog hul kandidate bekendmaak.

Volgens die OVK se beplanning is die afsnytyd vir alle kandidaatbenoemings Maandag 25 Junie en kandidate het tot Vrydag 29 Junie om uitstaande dokumente in te handig.

Inwoners van Wyk 9 in Bela-Bela moet seker maak hulle is vir die komende tussenverkiesing op Dinsdag 17 Julie geregistreer. Inwoners wat binne die grense op dié kaart woon, vorm deel van Wyk 9.

Volgens die OVK in Bela-Bela het ongeveer 4 200 kiesers van Wyk 9 sedert Woensdag 13 Junie vir die tussenverkiesing geregistreer.

Die munisipale wyksgrense het voor die 2016-munisipale verkiesing verander, soos bepaal deur die munisipale afbakeningsraad. Tumi Sethoba, OVK-woordvoerder, het gesê inwoners wat wil stem, word slegs toegelaat om by die stemlokaal waar hulle geregistreer is te stem.

Indien hulle elders geregistreer is, sal hulle na die korrekte stemlokaal verwys word.

Mense wat onseker is oor waar hulle behoort te stem en of hulle geregistreer is, kan die OVK se webtuiste besoek, het sy gesê.

Aansoeke vir spesiale stemme begin op Maandag 2 Julie en duur tot Vrydag 6 Julie.

Dié stemme word dan op Maandag 16 Julie by die onderskeie stemlokale ingedien of deur OVK-beamptes wat by mense besoek afgelê het, hanteer.

Kiesers kan vasstel waar hulle moet stem deur hul ID-nommer na tel. 32810 te SMS. Elke SMS kos R1.

Die OVK se kantoor by die Bela-Bela-munisipaliteit of die OVK-webtuiste by www.elections.org.za/content/For-voters/My-voter-registration-details/ kan ook besoek word.

  • Die stemlokale in Wyk 9 van Bela-Bela is geleë by Spa Park Primary School, Platrivier-kafee (in die tent), Peet se padstal, Motswedi Primary School, die Saamwerkwinkel, Renosterkloof Primary School en ook die Blaauwboschkuil School.Die finale lys met al die goedgekeurde stemlokale vir die verkiesing sal volgens die OVK teen Vrydag 29 Junie bekendgemaak word.

Related Articles

Back to top button