AdvertorialBusinessNews

Ondersteun Kansa-projekte

Die kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) beplan ’n besige jaar en moedig inwoners aan om hul met projekte te help.

Die Sanlam-kankergholfdag vind op Saterdag 23 Junie by die Koro Creek-gholflandgoed buite Modimolle plaas. ’n Vierbal met een geborgde putjie kos R2 500, of R510 per persoon, wat ’n heerlike halfwegete en ’n gedeelde gholfkarretjie insluit.

Die bekende Cuppa for Cansa vind op Saterdag 18 Augustus by die pragtige Tsékáma Lodge buite Modimolle plaas met die bekende Estie Schreiber as spreker en Ghoema-wenner Kaleidoskoop as sangpaar.

Kaartjies kos R100 en is by die Kansa-kantoor in Modimolle beskikbaar. Hulle is egter op soek na nog gas-vroue wat met dié reëlings kan help.

Die Shades of Pink-pretstap/draf vind op Saterdag 1 September plaas.

Die toegangsfooi is ’n donasie aan Kansa.

Vir meer inligting skakel Kansa by tel. (014) 717 3950 of besoek hul Modimolle-kantoor in Friedbergweg 38.

Related Articles

Back to top button