Local newsLocal sportNewsSportSportSport

Potties laat die skote klap!

Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane, se skuts het deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap van die skoleskutters-unie (SANSSU) wat van 22 tot 26 September by Castle de Wildt buite Modimolle gehou is.

Daar het altesaam 438 skuts van verskeie provinsies deelgeneem, met drie skuts van Hoërskool Piet Potgieter wat Limpopo verteenwoordig het by die kampioenskap.

Miné Hanekom het in die o.21 Sporterafdeling deelgeneem en het ’n groottotaal van 1 330 punte behaal. Jacques Engelbrecht van Laerskool Krugerpark het deelgeneem in die o.14 Veerafdeling en 1 071 punte ingesamel.

Cheria du Toit het in dieselfde afdeling deelgeneem en is gekies as deel van die top agt-veerskuts in die finaal.

Sy het egter in die eerste ronde uitgeval. Cheria het hierdie uitstekende prestasie behaal in die eerste jaar wat sy deelgeneem het.

Sy het in die individuele kompetisie ’n tweede plek behaal met ’n groottotaal van 1 282 punte en het drie silwer medaljes ontvang in die 3P- en 100 m staanafdeling, asook vir haar groottotaal-punte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button