LifestyleSportSportSponsored

Eerste ‘Bakkie-Fees’ by Sondela

Die Bosvelders kan hulself gereed maak vir ’n naweek wat gekenmerk word deur die gebrul van enjins en die reuk van diesel en stof wat in die lug hang. Dit is die naweek van 1–3 November wanneer bakkie-eienaars in getalle gaan opruk na Sondela-natuurreservaat en Spa buite Bela-Bela.

Die behoefte vir ’n soortgelyke fees as die Hancook Toyota Land Cruiser-fees wat jaarliks by Sondela aangebied word, het gestalte gekry toe talle bakkie-eienaars wat nie kon deel wees van die Land Cruiser fees nie, navraag gedoen het oor ’n fees waar bakkies van alle fabrikate mag kom spog.

Daar sal vermaak vir oud en jonk wees en LA Sport Pretoria sal weer die LA Sport Aksie Arena beman waar bakkie-eienaars na hartelus kan ‘speel’ en mekaar uitdaag.

Andre de Villiers van KykNet se 4×4 Met André sal ook belangstellendes deur sy doel-geboude hindernisbaan kan neem.

Ford het ook hul eie hindernisbaan en Sondela bied 4×4 roetes in hul Bosveld-terrein aan. Daar sal weer talle buitelug uitstallers wees wat hul ware ten toon stel, en spesiaal vir die vroue sal daar ’n kunsmark met gekeurde produkte wees.

Oudergewoonte sal Sondela al die oordvermaak behartig en ook die kinders besig hou, terwyl daar heerlik gesmul kan word aan die feeskos wat beskikbaar sal wees. Kom loer gerus in by die Ketelkraal-kroeg, terwyl Jimmy’s Sauces weer verskeie kunstenaars op die verhoog gaan hê om almal te vermaak.

Bespreek nou jou akkommodasie direk by Sondela en jou boskamp staanplek en ‘glamping’ by ekspo.co.za, waar jy ook jou bakkie kan registreer om aan die naweek se verrigtinge deel te neem. Vir enige verdere navrae, skakel gerus vir Tersia by tel. 072 487 0000.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button