Local newsNewsSport

Vlerke klap uit die Noord-Kaap

Die duiwe van die Warmbad Duiwe-klub het onlangs van oor die Oranje-rivier huis toe vlieg.

Die nagenoeg 260 duiwe van die klub het op Saterdag, 3 Augustus, op Colesberg in die Noord-Kaap weggespring, en hul pad oor drie provinsiale grense huis toe gevind. Die afstand van ongeveer 700 km het nie hierdie geveerde ‘atlete’ afgeskrik nie.

In die ope-afdeling-1, was die eerste duif tuis, die van Paul Bester, gevolg deur Arrie en Lynette van der Merwe en Danie Meyer in die derde plek.

In die ope-afdeling-2 het nog 230 duiwe weggespring en ’n duif van die van der Merwe-egpaar was eerste, met Frank Ferreira tweede, en die Van der Merwe’s wat daarin kon slaag om ook ’n derde plek te verower.

Die volgende wedvlug was op Saterdag, 10 Augustus weer vanaf Springfontein in die Vrystaat.

Related Articles

Back to top button