NewsSchoolsSportSport

CVO-spelers spook dit uit

Die sportmanne en -meisies van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle het uitstekend gevaar tydens die jaarlikse winterspele wat van 13 tot 14 Junie in Lichtenburg plaas gevind het.

Rugby- en netbalspelers van vier streke het hier teen mekaar meegeding, naamlik van Noord-Transvaal, Oos-Transvaal, Noordwes en die Noord-Kaap.

Lize (o.19) en Jani Stapelberg (o.13) is gekies vir die BCVO se nasionale netbalspan.

Waterbergskool vir CVO het 23 seuns en dertig meisies gehad wat vanjaar deel van die 999-rugby- en netbalspelers wat dertig CVO-skole verteenwoordig het.

Vier van die skool se leerders is gekies om deel te wees van die BCVO-nasionale spanne.

Henru Botha en Ryno Roux is gekies vir die BCVO se nasionale o.19-rugbyspan.

Henry Botha en Ryno Roux is gekies vir die o.19-rugbyspan. Lize Stapelberg is gekies vir die o.19-netbalspan en Jani Stapelberg vir die o.13-netbalspan.

Related Articles

 
Back to top button