Local sportSportSportSport

Balle rol vir ’n wenplek

 

Die Limpopo seniors se enkels-rolbal het vanjaar op Sondag, 26 Mei in Polokwane geëindig ná ’n lang uitspeelwedstryd. Die eerste uitdunwedstryde het in Modimolle begin. Daarna het verdere uitspeelwedstryde in Mokopane gevolg. Vier spelers van die klub in Modimolle het deurgedring om in Polokwane deel te neem. Ernest du Plessis, ’n speler van Modimolle, het die eerste plek in die afdeling vir veterane mans ingepalm. Saam met hom is Annelie Janse van Rensburg, voorsitter van Limpopo-rolbal.

 

Regs: Nylstroom-rolbalklub se sakeliga is baie gewild met 26 spanne wat vanjaar om die beker meegeding het. Vanjaar se wenners is die ‘Unbelievables’ met Jan-Hendrik Jacobs, Regard Veldsman, Jaco van der Walt en Henno du Plessis. Die seisoen is van September tot Mei elke jaar. Belangstellendes wat ’n span wil inskryf, kan vir Louise Potgieter kontak by tel.
083 305 6787.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button