BusinessFinance AdviceMarket Advice

Finansies: Geld en Die Bybel (deel 2)

’n Kollig beteken ’n helder lig wat op iets belangriks skyn.

’n Hele verhoog kan pikdonker wees, maar as die kollig op iets val, fokus ’n mens se oë presies net daarop.

Beskou hierdie aflewering se “kollig” as ’n afsluiting waarin belangrike waarhede weergegee word. Navorsing van verse uit Spreuke, asook artikels deur Dave Ramsey en uit ’n boek van dr. Thomas Stanley The Millionaire Mind, bring ’n mens by ’n paar wyshede oor geld uit.

Die lener is die slaaf van die mens by wie hy leen. Wanneer geld alles vir jou word sodat jy aanhou leen, word jy naderhand ’n slaaf daarvan. Moenie dat geld jou meester word nie, want dan raak jy knieserig of dalk verwaand.

Die Bybel leer ons dat ons baie by wyse mense kan leer. Jy kan in jou eie vriendekring of familie iemand vind wat goeie raad kan gee. Dit is goed om jou finansies persoonlik met ’n betroubare persoon te bespreek. So iemand kan ’n goeie klankbord vir jou wees. Samewerking en hulp by jou besluitnemingsproses is altyd insiggewend en help jou om op gebalanseerde roetes te gaan.

Ons behoort ons beginsels, veral die geestelike of Bybelse beginsels wat ons geleer het, aan ons kinders oor te dra. Dit is nou beginsels van gee, spaar en besteding wat hulle van jongs af moet leer sodat hulle goeie rentmeesters van hul geld en enige nalatenskappe kan wees.

En onthou: Die skilpad het die haas gewen. Hoekom? Hy beweeg stadig, maar bestendig en neem nie impulsief besluite nie, terwyl die haas met sy oormaat gemoedsrus onaangenaam verras is.

Wees dus vrygewig, werk hard, bly gefokus op jou eie gawes en hou aan probeer deur in jou geloof in God en jouself uiteindelik sukses te behaal. Ywer verg geduld en deursettingsvermoë vir beleggers, entrepreneurs en elke arbeider wat graag suksesvol wil wees.

Integriteit is baie belangrik. Stanley skryf in sy boek The Millionaire Mind dat daar beslis ’n verband is tussen persoonlike integriteit en finansiële sukses. Hy het navorsing gedoen onder honderde miljoenêrs wat elkeen meer as R180 miljoen se nettobatewaarde opgebou het. Hy het hul bepaalde karaktertrekke ontleed en tot die slotsom gekom dat baie mense nie ’n verbintenis tot eerlikheid het nie. Daar is twee maniere om welvaart te bou: Maak staat op eerlikheid en wees toegewyd aan integriteit.

Dit bied sekuriteit en ’n skoon gewete. Ramsey sê oneerlikheid sal jou seermaak en ook diegene na aan jou. Jy stap mank deur die lewe deur oneerlik te wees en erge gevolge kan ’n mens tref op ’n pad van ontvlugting — selfs die dood.

Mooi loop en onthou om te spaar.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button