BusinessFinance AdviceMarket Advice

Finansies: Beleggings: wat jy moet weet – Deel 2

Ons het in vorige aflewerings gekyk na die basiese bateklasse waarin gelde belê en voorbeelde van beleggingsinstrumente wat by elke bateklas van toepassing is.

Die meeste van ons hou die weervoorspelling dop. Wat bepaal die weersomstandighede? Wat speel ’n rol in die uiteindelike klimaat waar jy bly of waarheen jy reis? Daar is natuurlik aspekte soos aardverwarming, tropiese winde, tornados, lae- en hoëdruk stelsels, sneeustorms en hoe dit beweeg. Hierdie faktore bepaal hoe die klimaat is — warm, nat, koud, droog of dalk winderig, onplesierig of sommer net heerlike kuierweer. Net so is daar faktore wat jou beleggings raak en dit minder of meer voordelig maak.

In vandag se aflewering kyk ons na faktore wat ’n rol in beleggingbeplanning speel.

Ons kyk na die risiko, belasbaarheid, termyn van belegging, opbrengs, groei, likiditeit en die rol van die plek waar ’n mens belê.

Hou ingedagte dat die doel waarvoor jy spaar ’n baie belangrike rol speel in jou keuse van bateklas en belegginginstrument. Ons kyk heel eerste na die kontantmandjie.

Risiko by kontantbeleggings: Wanneer ’n mens in kontant belê en wel in die geldmark en sy instrumente soos bankdeposito’, is die risiko normaalweg laag. Dit is nou die risiko om geldverliese te ly. Die rede is dat banke en finansiële instellings soos versekeringsmaatskappye of batebestuurders gewoonlik deeglike huiswerk doen namens hul kliëntebasis. Die aard van sulke beleggings is om bloot vasgestelde rente te lewer teen voorafbepaalde koerse en vir sekere termyne. Dit skep sekerheid by die kliënt wat dan weet wat om te verwag.

’n Mens moet wel weet dat kontant ook risiko dra. ’n Soort tornado kan jou tref, soos in 2008 toe Lehman Brothers, wat die vierde grootste bank in die VSA was, byna ten gronde gegaan het weens ’n te groot skuldboek (verbandlenings wat nie geïn kon word nie). Mense het miljoene verloor en geldsekerheid is wêreldwyd getref. Markte het reuseverliese weens regstellings beleef.

Die risiko hier lê dus by die instelling waar jy belê en nie in die kontant self nie — in die bedryf word dit genoem die “institusionele” risiko.

Nog ’n risiko, hoewel dalk geringer, is skommelinge in rentekoerse wat onder meer bepaal word deur die monetêre beleid van die owerhede. Verhoging in koerse pas ’n belegger in kontant, maar dalings beteken jy kry minder rente en dit kan jou inkomste lelik beïnvloed as jy net in een bateklas belê het.

’n Ander risiko wat jy loop deur slegs in kontant te belê, is die verterende effek wat inflasie op die langtermyn op jou kapitaal kan hê, veral wat lae rentekoerse betref. Dan moet jy nog die snydende effek van belasting op geldmarkbeleggings ook in ag neem (meer hieroor later).

Ons praat van ná-belaste inkomste. Jy kan nie leef op geld wat die belastinggaarder (SARS) toekom nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button