AdvertorialBusinessInternationalNews

Skryf nóú in vir Kansa Relay for Life

Die langasems en vasbyters kan gereed maak vir vanjaar se Kansa Relay For Life-geleentheid wat op Saterdag 8 September by die ATKV-Klein-Kariba buite Bela-Bela aangebied word.

Die langasems en vasbyters kan gereed maak vir vanjaar se Kansa Relay For Life-geleentheid wat op Saterdag 8 September by die ATKV-Klein-Kariba buite Bela-Bela aangebied word.

Kankeroorwinnaars, asook diegene wat hul lewens verloor het weens die siekte, word tydens hierdie geleentheid herdenk.

Die Relay for Life sal vir agt uur duur en skop om 18:00 af.  Kankeroorwinnaars sal vanaf 16:00 bymekaar kom om deur Makkie Nel bederf te word.

Diegene wat nog besig is met behandeling of in remissie is, kan haar bel by tel. 076 047 2665.

Tydens die Luminaria-seremonie word daar die aand eer betoon aan diegene wat die stryd verloor het, behandeling ondergaan of in remissie is.

Ondernemings, kerkgroepe en vriendegroepe kan hul spanne inskryf teen R1 000 per span van 10 lede.

Die spanlede maak beurte om om die baan te stap of hardloop sodat minstens een lid elke oomblik gedurende die byeenkoms op die baan is.

Spanne wat wil deelneem kan vir Bianca Nortjé bel by tel. 072 442 9900, Lelanie van Driel by tel. 072 186 8076, Rose Cortes by tel. 072 647 9375 of Diane Trollip by tel. 071 443 6658.

Donateurs kan vir Carla Vosloo by tel. 082 608 5103 bel.

Dit is ’n groot uitgawe om die kantoor wat ondersteuning aan kankerlyers bied te onderhou en daarom pak Kansa dié groot projek aan om geld in te samel.

Volgens Ansie van Heerden, gemeenskapsameroeper van Kansa, is daar talle mense in Die Pos se lesersgebied wat met kanker gediagnoseer is.


For free daily local news in the Waterberg, visit Die Pos/The Post.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on diepos@icon.co.za or dieposnuus@icon.co.za


 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button