Community galleries

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Die Reitzstraat-park wat altyd as ’n bate beskou is vir die inwoners van Bela-Bela, het ’n doring in die vlees geword. Die verval in die park is merkbaar omdat geen onderhoud daar gedoen word nie. Voorts het munisipale amptenare dit nou hul uitspanplek gemaak en lê die rooi en wit kartonhouers van ’n gewilde hoender wegneemete-onderneming oral rond wanneer hul na ete aanmeld vir diens. ’n Mens sou wou dink dat as die vullisdromme deur bepaalde amptenare skoongemaak is, sou hierdie mense immers die rommel in die houers gooi, maar helaas nie! Ondersteuners van die DA het op Vrydag, 15 Maart onder leiding van raadslid Andries van der Heyde ingespring en die park opgeruim. Hier is Theunis Knoesen en Jan Pienaar aan die werk. Van der Heyde vra dat inwoners wat gereeld daar verby gaan, hom gerus kan laat weet as die park weer agteruitgaan. “Ons as inwoners moet eienaarskap vat van dit wat vir ons kosbaar is.”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button