Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Wanneer die regering oornag restaurante se deure sluit, moet daar inderhaas planne gemaak word. Die eienaars van die bekende Ocean Basket-franchise het met die blink plan vorendag gekom om die glorieryke padkafeedae van weleer te laat herleef. Met ‘n tydelike tafelblad wat van venster tot venster strek kan kliënte nou in die veiligheid van hul eie motors ‘n vuurwarm bord seekos of vis en skyfies geniet. Kliënte kan rustig in hul motors bly sit terwyl kelners, wat alle Covid-19-protokol streng volg, spyskaarte, drinkgoed en etes aandra. Volgens Chantell Steyn, het dié idee by die Louis Trichardt-tak begin. Chantell en haar ma, Retha Steyn, besit die Ocean Baskets in Modimolle en Bela-Bela, terwyl Chantell alleeneienaar is van die tak in Mokopane.
Savas Petrou (53), a well known businessman from Vaalwater, passed away on Sunday 4 July from Covid-19 related complications. He was originally from Pretoria but moved to Vaalwater in 2007 where he and his brother, Chris Petrou, owned and managed the Zeederberg Spar and Puma Garage in Vaalwater. According to Chris, Savas was well loved by everybody and was always full of jokes. He had the ability to put a smile on the grumpiest person’s face, Chris said. He was the best uncle to his two nephews in Vaalwater and will be dearly missed. Savas leaves behind his wife of almost 16 years, Paola, two brothers, one sister, their spouses and children. The funeral service will be held in the Greek Orthodox Church in Pretoria, but the date and time has not been confirmed by the time of print.
Warmpatat: Bela-Bela se nou reeds bekende troppie beeste-sonder-eienaar het weer die afgelope week heerlik in die woongebied gewei. Die beeste is onder meer in die Reitzstraatparkie, Apiesdoringparkie en oorkant die polisiestasie gesien wei. Inwoners kla al jare lank dat dié beeste hul sypaadjies verniel, die honde op hol jaag en vullissakke skeur. Geen navrae kon nog ooit lig werp op wie die eienaar van die beeste is nie en daar word van owerheidskant ook geen stokkie hiervoor gesteek nie.
Warmpatat: Inwoners van Mookgophong is vies oor die vullissituasie in die dorp. ’n Inwoner het die afgelope week dié foto by die robot op die hoek van Thabo Mbeki- en Nelson Mandelalaan in die dorp geneem. Dit toon dat vullis nie verwyder is nie, maar aan die brand gesteek is.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button