Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Dit was spreekwoordelik “heerlike lente” toe ’n Lentedamesoggend op Saterdag 5 September by Bosfontein-gasteplaas buite Bela-Bela gehou is. Die vroue moes elkeen ’n hoed dra en hulle het heerlik, te midde van streng Covid-19-regualsies, gekuier en die lente gevier met drama, musiek, gelukkige trekkings en eetgoed. ’n Skenking is aan die Stadspoort-organisasie oorhandig. Op die foto is Martie Beukes, organiseerder van die oggend, saam met Rhönel Pienaar, wat wyd bekend is vir haar heerlike eetgoed.

 

Warmpatat: O gaats, laat weet ’n inwoner van Bela-Bela. “Ek hoop dit is net ’n vingerfout op hierdie kennisgewingbord buite die dorp en nie ’n spelfout nie. Heropen word nie met ’n koppelteken geskryf nie. Ons Waterbergers wat daagliks by dié bord verbyry, hoop nietemin dat al die mooi oorde in ons omgewing eersdaags weer hul deure vir toeriste kan oopgooi.”

 

Inwoners van Bela-Bela kla steen en been oor munisipale dienslewering in dié dorp. ’n Inwoner het hierdie foto geneem van ’n elektriese lamppaal in Oosthuizenstraat se uiters betreurenswaardige toestand. Die Bela-Bela-munisipaliteit het vroeër vandeesmaand aan Die Pos gesê hulle is besig met groot planne om die dorp se dienslewering op te skerp. Die herstel van lamppale is een van die projekte wat genoem is.

 

Tony de Souza Allegria en Wilna Spies is op Saterdag 5 September by die Emmerentia Geldenhuys-terrein buite Bela-Bela getroud. Die egpaar woon by die Innie Koppie-oord buite die dorp. Streng Covid-19-maatreëls is tydens die huweliksbevestiging gehandhaaf, maar dit het nie die vrolike atmosfeer gedemp nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button