Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Inwoners van Bela-Bela is met weersin vervul oor die agteruitgang van die dorp. Inwoners kla die strate is vol rommel, openbare plekke is verwaarloos en vullis word nie verwyder nie. Op die foto is ’n gat in Corckeryweg wat die munisipaliteit gegrawe het om ’n lekkende pyp te herstel, maar nooit toegegooi het nie. Intussen gebruik inwoners dit as ’n vullishoop. David Raborolo, hoof van kommunikasie by die munisipaliteit, het aan Die Pos gesê dit is niks minder as onwettige vullisstorting nie. “Die munisipaliteit het reeds verordeninge goedgekeur wat binnekort afgekondig sal word om mense wat onwettig vullis stort te beboet. Munisipale werkers beweeg op Maandae, Woensdae en Vrydae deur die dorp om gemors op te tel, maar hulle kan nie voorbly nie.”

 

Die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) vir landelike veiligheid in Modimolle het die trekking vir hul jagpakket op Dinsdag 1 September by Die Pos se kantoor behartig. Die GPF het die jagpakket ter waarde van R11 000 aangebied om geld in te samel sodat hulle veiligheidskameras op die toegangsroetes na die dorp kan installeer. Die gelukkige wenner is Piet Greyling. Op die foto is George Hamman en Gerhard Visser van die GPF. Gys du Toit het die trekking georganiseer.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button