Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Mense mag ingevolge die inperkingsmaatreëls weer kerkbyeenkomste bywoon, hoewel onder streng voorwaardes. Die Afrikaanse Protestante Kerk (AP-kerk) in Bela-Bela het met innoverende planne vorendag gekom om die kerk se bedryfsuitgawes te betaal. Ds. Pieter Malan, leraar, het gesê hulle is baie dankbaar vir ruim skenkings wat hulle ontvang het. Dit stel hulle in staat om kos aan mense in nood te verskaf, maar ook om produkte teen baie bekostigbare pryse aan die gemeenskap beskikbaar te stel. Op die foto is Mary Stoltz (gemeentelid) by van die vars groente wat onlangs aan die kerk geskenk is om verkoop te word. Inwoners is welkom om die kerk in Huilboslaan te besoek vir winskopies. Daar is ook vleisprodukte beskikbaar.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button