Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Warmpatat: Dié man het op Dins­dag 4 Au­gus­tus helderoordag die reuseboom op die hoek van Pretoriaweg en Minnaarstraat in Bela-Bela uit­ge­klou­ter en tak­ke begin af­saag vir vuur­maak­hout. Die boom is op die driehoek op mu­ni­sipa­le grond by een van die besigste kruising in Bela-Bela. In­wo­ners kla al geruime tyd op verskeie forums oor boomslopers wat die omgewing kaalstroop.

 

Inwoners van Modimolle het op Saterdag 1 Augustus die kans aangegryp om ’n bietjie uit die huis te kom deur die stalletjies by die nuwe maandelikse boeremark in die hoofstraat te besoek. Daar was lekker eetgoed, handgemaakte produkte, plante en kuns te koop.

 

’n Trok het op Saterdag 1 Augustus op die N1-snelweg naby die Codrington-afrit aan die brand geslaan. Dit het veroorsaak dat verkeersvloei feitlik tot ’n stilstand gekom het terwyl nooddienste besig was om die brand onder beheer te bring. Sover vasgestel kon word is niemand in die ongeluk dood nie. Verkeer is later die dag weer oopgestel. Dit is nog onduidelik hoe die trok aan die brand geslaan het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button