Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Warmpatat: Net in Suid-Afrika: Iemand het sowaar gedurende Dinsdagnag 28 Julie probeer om dié boom voor Die Pos se gebou in Bela-Bela vir hout te stroop. Afgeskeurde takke het die hele sypaadjie vol gelê toe personeellede die oggend vir werk opdaag. Verskeie inwoners het Die Pos die afgelope ruk gekontak oor bome wat selfs in die woongebiede gestroop word. ’n Inwoner in Van der Merwestraat het aan Die Pos gesê sy het verskeie kere tydens die grendeltydperk boomstropers by ’n versteende boomstomp voor haar huis verwilder. Die stropers het intussen dié stomp stuk-stuk weggedra totdat daar niks oorgebly het nie.

 

Polisiestasies in die Waterberg-omgewing het onlangs geherstruktureer en hul streekafdelings (“clusters”) onder een sambreel gevoeg om die Waterberg-polisiedistrik te vorm. Genl.maj. Rosina Mulaudzi is aangestel as distrikkommissaris. Sy en haar bestuur is op Donderdag 16 Julie by die Bela-Bela-polisiestasie verwelkom. Op die foto is die bestuurspan, kol. Lukie Harmse, genl.maj. Rosina Mulaudzi en brig. Annalene Steyn.

 

’n Voertuig het op Vrydag 24 Julie die pad byster geraak tussen die Verloren-landgoed en Bela-Bela Lodge op die R101-pad. Die voertuig het daarna aan die brand geslaan. Volgens sers. Frans Maponya, polisiewoordvoerder, het die ongeluk kort ná middernag plaasgevind. Die bestuurder is ernstig beseer en sy drie passasiers het ligte beserings opgedoen. Volgens Maponya was die mense glo op pad na Vingerkraal buite Bela-Bela, maar hy kon geen name verskaf nie. Geen ander voertuig was in die ongeluk betrokke nie. Op die foto is die wrak van die voertuig. Die ondersoek duur voort.

 

Die N1-snelweg tussen Modimolle en Mookgophong was verlede week tydelik gesluit ná ’n noodlottige ongeluk. ’n Voertuig is volgens die provinsiale departement van vervoer vermoedelik op Vrydagmiddag 24 Julie net ná 17:00 van agter deur ’n vragmotor gestamp. Een van die voertuig se passasiers is op die toneel dood, maar die ander ses was ongedeerd. Foto: Verskaf

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button