Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

’n Inwoner van Bela-Bela het op Vrydag 10 Julie twee visstokke in hul beskermende sakke langs die Alma-pad, ongeveer 2,5 km buite die dorp, opgetel. Die eienaar kan dit by Die Pos se kantoor in Bela-Bela afhaal.

 

Die Pos word weekliks by meer as 100 verskillende plekke in die Waterberg afgelewer — van groot supermarkte wat honderde uitgawes verkoop tot klein padstalletjies wat net 10 koerante per week verkoop. Ons sê vandag dankie aan al dié mense wat ons help om die nuus by die lesers te kry. Op die foto is Rika van der Schyff (regs), wat al 22 jaar Die Pos in Modimolle aflewer, saam met Willie Doyer, bestuurder van Maroela Kafee. Maroela Kafee is een van die plekke waar koerantverkope nou bykans weekliks toeneem. Ondersteun hulle gerus en onthou — gooi sommer Die Pos ook saam in die mandjie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button