Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Huis Talje tehuis vir gestremde kinders in Bela-Bela het ’n sanitasie-stasie van ’n plaaslike verkoelingsonderneming ontvang. Die gestremde inwoners se gesondheid is ’n groot bron van kommer omdat hulle vatbaar is vir virusse en bakterieë. Op die foto by die skenking is Hannie Smit, professionele suster by Huis Talje, saam met Magriet Nel, Huis Talje se bestuursvoorsitter.

 

Desirée van der Walt, DA-LP, het reeds voor die inperking ’n projek saam met die inwoners van die Warmbad Rusoord aangepak om vir minderbevoorregte mense klere en komberse te brei en te hekel. Van der Walt het die wol verskaf. Die deelnemers het hul goed van hul taak gekwyt en ’n reusesak items op Maandag 15 Junie aan Van der Walt oorhandig. Die items sal eersdaags in die omgewing versprei word. Tinus Ras, DA-raadslid, is saam met haar op die foto.

 

Estelle Nel (70), ’n bekende inwoner van Bela-Bela, is op Donderdag 11 Junie by haar huis oorlede ná ’n lang siekbed. Sy was alombekend as ’n vaardige taksidermis wat haar onderneming, Estelle Nel Taksidermie, sedert 2001 in die Roodepoort omgewing opgebou het. Die familie beplan om ’n gedenkdiens vir haar op Vrydag 19 Junie om 11:00 vanuit die NG gemeente Warmbad-Wes te hou. Mense wat die diens wil bywoon, moet reëlings met die familie tref weens die Covid-19-beper-
kings op begrafnisse.

 

Stephina Molekoa was one of the lucky residents of Vaalwater who received one of 200 handmade blankets. The brightly coloured blankets were donated by the 67 Blankets for Mandela Project, founded by Carolyn Steyn, wife of Douw Steyn, the owner of Shambala Game Reserve near Vaalwater. “Although our collection efforts in the past weeks have focussed on food relief, the arrival of winter poses new threats to our most vulnerable residents and I would like to ask the community to also donate excess bedding, blankets and winter clothing,” said Marlene van Staden, mayor of the Modimolle-Mookgophong Municipality. Photo: Supplied.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button