GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers.

Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong het ’n ruim skenking van AfriForum se Limpopo-tak ontvang. Die skenking bestaan uit Covid-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders. Op die foto ontvang Rinus de Jager (skoolhoof) die skolehulppakket van Magdel Strauss van AfriForum.  AfriForum het meer as 40 000 bottels handreiniger, 8 000 plakkate en 200 termometers aan skole landwyd versprei.

 

Esmarie Swanepoel (links), wat haar onderwysgraad aan die Noordwes-Universiteit (NWU) in Potchefstroom behaal het, is aangestel in ’n tydelike departementele pos by Laerskool Nylstroom waar sy natuurwetenskap vir gr. 7 en wiskunde vir gr. 5 sal aanbied.

 

Laerskool Nylstroom verwelkom vir Riana Rabie (bo), wat in ’n permanente onderwyspos aangestel is. Sy sal vir gr.4 Afrikaans (huistaal) aanbied en die gr.5’s kan uitsien om by haar onderrig in tegnologie en natuurwetenskap te ontvang.

 

Chloè Pringle, ’n gr. 6-leerder van Laerskool Warmbad, laat nie gras onder haar voete groei nie. Chloë het besluit die inperking raak darem nou té lank en daarom het sy haar hekelvernuf afgestof. Sy het ’n paar patrone op YouTube afgelaai en met verskillende soorte wol begin eksperimenteer. Deesdae hekel sy pragtige handskoene in allerhande kleure en sorg só vir ’n lekker ekstra sakgeldjie in dié tyd.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button