Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Sakeondernemings in Die Pos se lesersgebied het kort voor die aankondiging dat die hele land huisgebonde moet wees, probeer om die beste van ’n slegte saak te maak. Die personeel van Cut n Jayd-haarsalon in Bela-Bela, Amanda Humphreys, Talita Botha en Annah Moshokoa, het kliënte bedien met maskers en ook handreiniger aan kliënte verskaf.

 

Die span van Hi-Q Bela-Bela was nog op Maandag 23 Maart slaggereed om kliënte te bedien kort voordat pres. Cyril Ramaphosa aangekondig het dat Suid-Afrikaners vir 21 dae in hul huise moet bly. Die Pos stuur virtuele handdrukke na dié onderneming in hierdie tyd. Die Pos en Hi-Q stap al ’n lang sakepad saam. Op die foto is Godfrey Nkwane, Willie Claassen, AB Mokgabela en Amos Ndebele.

 

The Corona virus pandemic has caused the private sector and health authorities to implement extensive precautionary measures nationwide. On home soil members of the Spiritual Care Chaplaincy RSA visited the Warmbaths Hospital on Thursday 19 March to offer counselling and spiritual support to patients in Bela-Bela. In the photo are Past. Tsholofelo Lucas Modise (chaplain), Bhuti Moagi (Interim Chief Executive Officer) and Makofane Johannes Tlaka (chaplain). Modise and Tlaka can be reached on 072 100 2127 or 072 962 8749.

 

Die werknemers van Hoeksteen Aqua in Modimolle was vandeesweek reg om hul klante kiemvry van water te bedien. Jonas Phosoko, Andries Nkuhumane, Magdaline Maponya en Emmarensia Pitzar was gewapen met ontsmettingsmiddel en gesigsmaskers voordat die president drastiese inperkingsmaatreëls afgekondig het.

 

Die span by Bosveld Karwas in Bela-Bela is ook onkant gevang deur die regering se aankondiging dat Suid-Afrikaners die volgende 21 dae by hul huise moet bly. Chelsea Mojalefa, Linda Nagel en Maggie Ramela was reg om kliënte te bedien, maar moet nou — soos alle sakeondernemings landwyd — nuwe planne maak.

 

Die Pos het allerhande planne om seker te maak dat lesers van die Waterberg steeds al die vars nuus kry — selfs al is ons moontlik nie in ons kantoor nie. Andries van der Heyde, Die Pos se verslaggewer in Bela-Bela, het reeds dié week seker gemaak dat sy tuiskantoor goed ingerig is.

 

Die Pos en Van Heerden Apteek het die afgelope week honderde koekies seep aan minderbevoorregtes in die Bela-Bela-gemeenskap begin uitdeel as deel van ons bewusmakingsveldtog teen die Covid 19-virus. Lesley Barnard van Die Pos wys hier hoe ’n mens deesdae op die outydse manier hande kan was. Die Pos en Van Heerden Apteek doen hiermee ’n beroep op inwoners om nie paniekerig te raak nie, maar te help waar hul kan.

 

Lidmate van die NG-gemeente Thabazimbi neem swaar afskeid van hul geliefde leraar, ds. JZ de Jager, wat sedert Augustus 2016 in die gemeente betrokke is. De Jager was voorheen van die Weltevrede-gemeente in Babsfontein. Hy en sy vrou, Karla Akemann, en hul twee kinders, Marissa en Eben, verhuis na Mbombela (Nelspruit) waar hy reeds op Sondag 5 April verwelkom word.

 

Marthie van Beek (Warmbad-tak) is tydens die VLU-Soetdoringstreek se konferensie op Saterdag 14 Maart aangewys as toplid vir 2020. Op die foto ontvang sy haar trofee van Joan Schoeman (regs) van die Nylstroom-tak.

 

Nog ’n VLU-Warmbad-tak lid wat buitengewoon presteer het tydens die VLU-Soetdoringstreek se konferensie wat op Saterdag 14 Maart in Modimolle gehou is, is Kotie Wagner met haar pragtige stootwaentjiekombersie in die Mile a Minute-hekelkompetisie. Op die foto oorhandig Elrina Bekker (vise voorsitter van Koraal-tak) aan Renate Soneman (silwer) van die Potgietersrus-tak, Kotie Wagner (goud) van Warmbad-tak en Aletta Havenga (brons) van die Vlakte-tak, hul toekennings.

 


  • Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter

Beste leser,

As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.

Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.

Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button