GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi spog met drie atlete wat vanjaar vir die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskap gekwalifiseer het. Voor is Kwena Morumudi, Anrich Basson, Colin Campbell (skoolhoof), Chenéll Fouché en Ansa Snyman (atletiekorganiseerder). Agter staan afrigters Willem Steyn, Izana Roets, Cobus Snyman, DP Roets, Louis Fouché en Elmien Fouché.

 

Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi het die sangbeker tydens vanjaar se Bosveld Interhoër op Saterdag 29 Februarie vir die vyfde opeenvolgende jaar verower. Hulle dirigente is ook as beste dirigente met die beste opkoms aangewys. Die groep het bestaan uit Dané Coetzee, Nita du Toit (hoofdirigent), Colin Campbell (skoolhoof), William Niemand (hoofdirigent) en Henry Taylor. In die middel staan Michelle de Jesus, Ruvé Blaauw, Charlize Oberhölzer en Karla Coetzee. Agter staan Gustav Grobler, JD Jordaan, Selkirk von Wielligh, Tiaan Peyper.

 

Die vlam van trots brand hoog by Hoërskool Frikkie Meyer ná hul puik uitslae by die Bosveld Interhoër op Saterdag 29 Februarie in Modimolle. Die skool se atletiekafrigters het bygedra tot die persoonlike beste prestasies van hul skool se atlete. Voor is Christine Swart (spanbestuurder), Lusette von Wielligh (spanbestuurder), Ansa Snyman (atletiekorganiseerder), Colin Campbell (skoolhoof), Tiaan Schmidt (spanbestuurder), CJ van der Merwe (spanbestuurder) en Elmien Fouché. In die middel is Hanlie du Plessis, Liani Smith, Danie Fouché, Cobus Snyman, Louis Fouché, Adilé Meintjes, Izana Roets, Sharné Janse van Rensburg en Marilette van Niekerk. Agter is Hendrik Buys, DP Roets, Rudolph Fourie, Willem Steyn en Henco Smith (buitekurrikulêre hoof).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button