GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Laerskool Nylstroom se eerste en tweede netbalspanne lyk pragtig in hul nuwe sportklere. Dié twee spanne sal gedurende die Maart-skoolvakansie na Sportweni in Port Shepstone toer waar hulle afrigting sal kry en teen ander skole meeding. Die toer is die uiteinde van 18 maande se fondsinsamelings, harde werk en vrygewige borge.

 

Dié atlete van Hoërskool Nylstroom het vanjaar behoorlik geskitter op die atletiekbaan en meet eersdaags kragte by die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskap. Op die foto is Martin Vosloo wat gaan deelneem aan die 100 m vir o.17-seuns, Keneilwe Mawela gaan deelneem aan die 800 m vir o.14-meisies, René Oosthuizen is die sportorganiseerder, Danél Niemann gaan meeding in diskus en gewigstoot vir o.19-meisies en Tariro Nkosi in hoogspring en verspring vir o.14-meisies.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button