Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Warmpatat: Dit ge­beur net in die Bos­veld dat ’n trop vee son­der brand­mer­ke of oppasser in ’n woon­ge­bied rondloop op soek na ’n sappige groen graspol en koelte. Dié fo­to is op Maan­dag 9 Maart in Flam­bo­yant­straat in Be­la-Be­la ge­neem. Hoewel inwoners meestal goedig glimlag oor beeste in die dorp, word daar al jare lank tever­geefs gekla oor rond­loper­vee wat veral saans ’n groot gevaar vir motor­ryers op die toe­gangs­roetes na Bela-Bela inhou.

 

The Bela-Bela Municipality has extended their services to the Multipurpose Centre in Extension 6 in the Bela-Bela Township. Residents are now able to buy electricity, pay rates and taxes, rent or ask for related services at the centre. Daily office hours are from 07:30 to 16:00.

 

Die Nylstroom-tuinbouvereniging het reeds op twee geleenthede vanjaar byeengekom om kennis in te win oor die natuur en spesifiek tuine. Twee kundige sprekers, Pieter Botha, ’n veld- en vleilandekoloog, en Christa Rabie, natuurwetenskaplike, het die lede by Shangri La Country Hotel and Spa buite Modimolle toegespreek. Kennis is bekom oor bio-diversiteit, die belangrikheid van vleilande, asook oor verskillende soorte voëlspesies en hul rol in die natuur. Op die foto is Rabie saam met Venita Terblanche van die tuinbouvereniging.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button