GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Dié klein o.8-atleet, Juanel Visagie van die Waterbergskool vir CVO, het tydens die eerste interskole atletiekbyeenkoms vir CVO-skole in die Bosveld op Saterdag 22 Februarie gewys sy het uithouvermoë en hope talent. Sy het eerste plekke behaal in die 600 m, 60 m, 80 m en ’n derde plek in die turbospiesgooi. Foto: Herman Steyn

 

Hierdie leerders het puik presteer tydens die Euphorbiaskool in Mookgophong se uitnodigingsbyeenkoms wat op Donderdag 27 Februarie plaasgevind het. Waldo Hoffmann was die senior Victor Ludorum en Mia Botha die senior Victrix Ludorum. Willem Botha was die junior Victor Ludorum en Leanné Meyer die junior Victrix Ludorum.

 

Hierdie twee atlete van die Euphorbiaskool in Mookgophong is tydens die onlangse Limpopo-atletiekbyeenkoms vir die Limpopo-span gekies om aan die komende Suid-Afrikaanse kampioen-
skap deel te neem. Hulle is Cheline van Jaarsveld (skyfwerp) en Mia Botha (80 m, 100 m en verspring).

 

Amoné van Niekerk (links) en Mckayla Vermaak (regs) het van 19-23 Februarie aan die internasionale aerialnastix-tuimelkampioenskap in Mauritius deelgeneem en puik prestasies behaal. Amoné was tweede in tuimel en op die bankie en derde op die trampolien. Mckayla was tweede in tuimel en derde op die bankie. Hulle is vergesel deur hulle afrigter Petro von Alleman.

 

Elandi van Staden van Laerskool Nylstroom het op Saterdag 22 Februarie by Jubaweni deelgeneem aan die o.12 Limpopo-hokkieproewe en is vir die Maroelaspan gekies.

 

Dié vier atlete van Laerskool Nylstroom het tydens die provinsiale atletiekbyeenkoms op Woensdag 26 Februarie in Polokwane gekwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskap in Bloemfontein te gaan deelneem. Voor is Mieke Mienie (verspring) en Danelle Roos (hoogspring) en agter is Wihan Bezuidenhout (spiesgooi) en Jesse-Dean Nortjé (spiesgooi).

 

Die Waterbergskool vir CVO in Modimolle was op Saterdag 22 Februarie die gasheerskool vir tien CVO-skole by die eerste interskole atletiekbyeenkoms vir CVO-skole in die Bosveld. Jessica Smit van die Waterbergskool vir CVO het gewys sy is ’n meisie om mee rekening te hou. Sy het eerste plekke behaal in die 75 m hekkies, 150 m, 1200 m en die 100 m vir meisies o.12. Foto: Herman Steyn

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button