GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers.

Die gr. 1-klas van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle spog vanjaar met 12 nuwe gesiggies. Op die foto is Marnu Kleinhans, Zohandri du Plessis, Petria Stapelberg, Retha Prinsloo (hoof), Wian Janse van Rensburg, Megan Willers, Liane van Rooyen en Paul Murray. Agter staan Almari Vreugdenburg, Milane van der Walt, Elana Harris (onderwyser) Clarissa Kruger, Cristi Paul en Luzelle van Wyk. Foto: Herman Steyn

 

Hierdie leerders van Hoërskool Hans Strijdom het aan die ATKV-redenaarskompetisie deelgeneem en onder die eerste drie geëindig. Op die foto is Zander Law (gr. 8), Magda du Preez (gr. 10), Caitlyn Hunter (gr. 9), Heima Pretorius (gr. 11), Micke Hofmeyr (gr. 12), Janco van der Walt (gr. 10), Thato Gololo (gr. 11), Charisse O’Callaghan (gr. 11), Chanel Botes (gr. 9) en Allanah Cawood (gr. 9). Issabella Rentria (gr. 8) was afwesig met die neem van die foto.

 

Ronin van der Merwe en Linieke Diederiks, albei leerders aan Kleuterskool Bosveldspruitjies in Bela-Bela het op Valentynsdag opgewonde skool toe gegaan, want hulle het op dié dag blomme en geskenkies aan maatjies gegee.

 

Hoërskool Warmbad het op Donderdag 13 Februarie hul jaarlikse Valentynsbal by die skool gehou. Rikus Labuschagne en Grizel Lepart is aangewys as die koningin en koning van die Warries se Valentynsbal.

 

Izanne van Schoor en Frans Maritz is tydens Hoërskool Warmbad se jaarlikse Valentynsbal as besgeklede individuele wenners aangewys.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button