GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Dié atlete van die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het pragtig presteer tydens die onlangse areaatletiekbyeenkoms en het deurgedring na die distriksbyeenkoms. Voor is Mia Botha en Waldo Hoffmann. Agter is AJ Loots en Cheline van Jaarsveld.

 

Mieke Oelofse was eerste in die o.9-meisies se 80 m-wedloop tydens Laerskool Vaalwater se interhuisatletiekbyeenkoms wat op Woensdag 22 Januarie gehou is.

 

Deiondré Bodenstein was een van die lede van die Geel-span van Laerskool Vaalwater se dirigente tydens hul interhuisbyeenkoms op Woensdag 22 Januarie. Sy is ook aangewys as die senior Victrix Ludorum. Leerders van gr. R tot gr. 7 het hul bes op die sportveld gegee.

 

Laerskool Warmbad se atlete het baie goed gevaar tydens die skool se interhuisatletiekbyeenkoms. Op die foto is Bohlale Modiba (senior Victor Ludorum) en Melienke Vermaak (senior Victrix Ludorum). Die junior Victor Ludorum was Jake Monulu en die Junior Victrix Ludorum was Shamika Gouws.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button