Hierdie vier leerders van Hoërskool Warmbad het toekennings vir beste akademiese prestasie in hul onderskeie grade in 2019 verwerf. Hulle is Christiaan Jooste, Angelic Louw, Anri du Preez en Frances de Jonge.
Bekende gospel-sanger, Danie Botha, het op Dinsdag 4 Februarie Hoërskool Warmbad besoek. Botha het tydens sy besoek die leerders en personeel se harte aangeraak met bemoedigende woorde. Op die foto van links is Christiaan Naude, Grizel Lepart, Daleen en Danie Botha, Paul Liddle (skoolhoof), Rikus Labuschagne, Kyle Barnard en CJ Pretorius.
Hierdie groep leerders van Laerskool Warmbad het goue akademiese balkies ontvang vir hul volgehoue akademiese prestasie in gr. 6. Hulle is Chloë Pringle, Lindi Prinsloo, Leago Modiba, Adele Schoeman en Karla Smith. Die ander leerders wat ook presteer het, was Zané Botha, Tarien Nortjé, Marelize van Baalen, Pieter Grobler, Brigitta Komlosy, Francois Marais, Pona Molekwa, Hernu Nortjé en Mark van der Westhuizen.