GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die Kwag­ga-rug­by­klub van Bela-Bela is reeds hard aan die oefen vir die ko­men­de rug­by­sei­soen. Die span oe­fen op Maan­dae en Woens­dae om 18:00 op Hoër­skool Warm­bad se B-rug­by­vel­d. Be­lang­stel­len­des kan ook saam deel hê aan goei­e ka­me­ra­de­rie, span­gees en boon­op goeie oef­ening kry. Op die fo­to is die hui­di­ge span en af­rig­ters ná af­loop van ver­le­de week se oe­fe­ning. Vir na­vrae en bor­ge bel die afrigter, Chris Goo­sen, by tel. 079 887 4808.

 

Die Hansie-atlete het geskitter tydens Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong se huissport op Vrydag 17 Januarie. Cara Louw was die junior Victrix Ludorum, Yvette Swan die senior Victrix Ludorum, Pieta van Rooyen die senior Victor Ludorum en Zander Law die junior Victor Ludorum. Die Gemsbokspan het die atletiek gewen en die Elande het die sangbeker verower.

 

Die jaar­lik­se vriend­skap­li­ke Nu­we­jaar-rol­bal­toer­nooi tus­sen die Warm­bad- en Nyl­stroom-rol­bal­klubs het op Woens­dag 22 Jan­ua­rie in Mo­di­mol­le plaas­ge­vind. Tien ge­meng­de span­ne, van drie spe­lers uit el­ke klub, het twee wed­stry­de elk ge­speel. Die Warm­bad­klub het vir die twee­de ag­ter­een­vol­gen­de jaar met die louere weg­ge­stap. Op die fo­to links is An­nes Op­per­man (Nyl­stroom­klub se se­kre­taris), Her­klaas Vil­joen (pre­si­dent van die Warm­bad-rol­bal­klub) met die wis­sel­tro­fee, en Chris du Ples­sis (pre­si­dent van die Nyl­stroom-rol­bal­klub).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button