GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers.

Kleuterskool Bosveldspruitjies in Bela-Bela het vier nuwe onderwysers by die skool verwelkom. Op die foto is Bernadette du Plessis (Renosterklas), Joey van Graan (Paddaklas), Jacqueline Ackerman (Beertjieklas) en Thiart du Toit (assistentonderwyser).

 

Hoërskool Nylstroom is baie trots op twee van hul onderwysers, Isak Enslin en Alida van Heerden, wat op Vrydag 17 Januarie tydens die Waterberg-distrik se toekenningsgeleentheid as die beste onderwysers in rekeningkunde aangewys is. Enslin se rekeningkundeleerders het ’n 100% slaagsyfer behaal en twee leerders het onderskeidings verwerf. Hy bied ook rekeningkunde-hulpklasse aan vir buiteleerders en onderwysers van buurskole. Van Heerden, wat ’n oud-Nylie is, was een van Enslin se rekeningkundeleerders op skool. Nou jare later, gee hy ook vir haar gr. 8-seun klas.

 

Drie leerders van Hoërskool Nylstroom het op Vrydag 17 Januarie toekennings ontvang tydens die Waterberg-distrik se toekenningsgeleentheid vir matriekleerders by Forever Resorts in Bela-Bela. Die Nylies wat uitgenooi is na hierdie besondere geleentheid is Miko Keulder, Lindi Brits en Marijke Wessels. Miko was tiende in die distrik se toptienmatriekleerders vir 2019. Lindi was vyfde en het die beste punte in inligtingstegnologie behaal. Marijke was die leerder wat die beste punte in besig-
heidstudies in die Waterberg-distrik behaal het.

 

Baie geluk aan Bianka Botha wat bykomend verkies is tot lid van die koshuisraad van Laetitia Koshuis by Hoërskool Hans Strijdom.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button