Klein Simon Zeilinga is nog glad nie seker van hierdie skool-toe-gaan-affêre nie. Dis amper speel-
tyd, Boeta! By hom is sy ma, Michelle, met sy eerste dag op die skoolbank by Laerskool Nylstroom.
Samantha Bezuidenhout en Aiyden du Toit, nuwe gr.1-leerders by Laerskool Warmbad, neem hul eerste stap by die groot skool saam met hul nuwe juffrou, Elmie Potgieter, nadat hulle in hul klasse gedeel is.
’n Vinnige foto vir die album! Mamma Leandra Viviers neem gou ’n foto van Lee-Ann se eerste dag op die skoolbanke by Laerskool Nylstroom.
Luan Scholtz, ’n nuwe gr.1-leerder by Laerskool Warmbad, doen sy bes om gefokus te bly op sy eerste dag by die skool.
Keratilwe Chauke, Cayla Gazet du Chattelier en Amoré du Plessis kyk nog skepties toe of hulle van hul eerste skooldag in gr.1 by Laerskool Warmbad hou.
Die tweeling wat hul eerste dag in gr.1 by Laerskool Warmbad begin het, is Simone en Nina Duggan. Hul ouers, Michael en Mari, asook hul oupa en ouma, Charles en Karen, het die twee kom afsien.
Abigail Otto, ’n nuwe gr.1-leerder by Laerskool Warmbad, gaan haar nuwe skooltas vir ’n laaste keer ná voordat sy en haar maats in hul nuwe klasse opgedeel is.
Die nuwe gr.1’s is op Dinsdag 14 Januarie by Laerskool Warmbad deur vriendelike onderwysers by die skool verwelkom. Op die foto maak Andreas Enslin en Tevina Cortes kennis met hul nuwe juffrou, Tiana Jansen van Nieuwenhuizen.
Juffrou Elanie Venter en Buksie de Jager deel ’n drukkie voordat sy eerste skooldag by Laerskool Nylstroom vandeesweek afgeskop het.
Justin Hattingh en Ontumetse Namate kan nie wag dat die skooldag begin nie. Dié twee is graad eentjies by Laerskool Nylstroom.