GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

’n Groep vrien­de van Mo­di­mol­le wat saam in 2013 aan Hoër­skool Nyl­stroom ge­ma­tri­ku­leer het, het op Son­dag 26 De­sem­ber weer vriend­skaps­bande hernu tydens ’n gholf­dag by die Ko­ro Creek-gholf­land­goed buite Modimolle. Die groep is ver­ge­sel van Jo­han Ja­cobs (agter regs) en Jan­nie Ven­ter (voor), twee rugbymanne van die dorp. Die groep beoog om die gholf­dag ’n jaar­lik­se in­stel­ling te maak.

 

Hierdie swemmers van Hoërskool Warmbad het die skool van 8-13 Desember by die Suid-Afrikaanse-skoleswemkampioenskap in Hillcrest, Pretoria, verteenwoordig. Drie van die swemmers het deurgedring na die finale ronde in hul onderskeie items. Op die foto is Christiaan Jooste, Ngozi Anyanwu, Bongani Tshabalala, Lara Daling (finaal), Daniel Verster (finaal) en Niel du Plessis (finaal).

 

Zhaneardt Grahan, ’n leerder van die Waterbergskool vir CVO in Mo-
dimolle, het van 8-13 Desember aan die Suid-Afrikaanse-skoleswemkam-
pioenskap in Hillcrest, Pretoria, deelgeneem waar hy Limpopo verteenwoordig het. Hy het aan vyf individuele items en vier aflositems deelgeneem. Zhaneardt het twee vyfde, twee sesde en ’n derde plek behaal.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button