Die Kokanje-aftreeoord se sosiale klub het op Vrydagaand 29 November hul Kersafsluiting gehou met Ansie van Niekerk op die klavier as begeleier. Die sangers was die formidabele Cantabile Trio wat bestaan uit Yvonne Lombaard, Schalk Vorster en George Linde. Dirk Venter, met sy diep basstem, was die gaskunstenaar. Daar is ook tydens die geleentheid afskeid geneem van Maureen Neethling wat 18 jaar Kokanje se sosiale klub bestuur het en nou so ’n bietjie gaan “aftree”. Die aand was ’n reusesukses met nie plek vir ’n muis in die saal nie. Op die foto is Linde, Neethling, Lombaard, Van Niekerk en Venter. Vorster staan agter.