Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Annatjie van Vreden (84), geliefde inwoner van Bela-Bela, is op Vrydag 22 November in die Moot-hospitaal in Pretoria oorlede. Haar man, Floris, is in 2017 oorlede. Annatjie se familie sal haar onthou as ’n baasbakster met ’n fyn humorsin, gasvry, vrygewig en diep gelowig. Sy was veral op die dorp bekend vir haar heerlike suurlemoen- meringueterte. Dié ystervrou kon op 79 jaar groot sandduine uitklim en het op 81 jaar ’n groot karavaan na Punda Maria in die Krugerwildtuin gesleep. Haar gedenkdiens vind op Saterdag 30 November om 11:00 vanuit die NG Moedergemeente in die dorp plaas. Haar kinders wil graag haar bure en vriende hartlik bedank vir hulle hulp en bystand aan hul ma sedert Floris se dood.

 

Die VLU se Son­skyn­aand­tak in Be­la-Be­la het hul jaar­afs­luitings­funk­sie op Don­der­dag 21 No­vem­ber aangebied. ’n Nu­we be­stuur is vir 2020 ge­kies. Op die fo­to is Ma­ria O­ber­hol­zer (ska­kel­be­amp­te), Ir­ma Day (tak-voor­sit­ter), Lien­tjie van Wyk (te­sou­rier), Me­la­nie Webb (be­oor­de­laar en sa­me­roe­per) en Ma­rin­da White (se­kre­ta­res­se).

 

Oos (89) en Lucille (86) Eksteen van Bela-Bela vier op Vrydag 29 November hul 67ste huweliksherdenking. Die egpaar woon die afgelope 19 jaar in Bela-Bela. Oos het voor sy afrede vir die Delmas-munisipaliteit gewerk. Lucille het die administrasie van Hoërskool Delmas behartig en was jare lank ’n orrelis in die NG-gemeente. Hul kinders wens hulle ’n spesiale huweliksherdenking toe en is dankbaar vir al die genades. Oos en Lucille het vyf kinders, 11 kleinkinders en agt agterkleinkinders.

 

Die Dameskring van Modimolle het op Maandag 16 September ’n lentetee vir rustende lede gehou. Daar is gedigte voorgedra en die vroue het verhale gedeel oor die ontstaan en groei van die Dameskring as vroue-organisasie. Daarna is daar gesellig verkeer. Op die foto is Hettie Kotzé, Adri Nel, Anna Rossouw, Sylva de Vries, Mari Schwartz, Winnie Cilliers, Mona Roets en Rien Joubert.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button