GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Hierdie drie tuimelaars van die Ecarté-gimnastiekklub in Modimolle het tydens die Suid-Afrikaanse gimnastiekspele in Kaapstad die gesogte Suid-Afrikaanse tuimelmedaljes verwerf. Stiaan Opperman was algeheel derde in vlak 6 (11 tot 12 jaar) terwyl Danike Nortman algeheel tweede geëindig het in vlak 4 (11 tot 12 jaar). Mario Opperman was ook algeheel tweede in vlak 6 (11 tot 12 jaar). Saam met hulle staan ’n trotse afrigter, Petro von Alleman.

Die Ecarté-gimnastiekklub het op Donderdag 31 Oktober hul jaarlikse wawielkompetisie gehou. Gimnaste kry een uur om soveel wawiele as moontlik te doen. Daar was altesame 36 deelnemers en tussen hulle het hulle altesaam 28 879 wawiele in een uur gedoen. Die wenners was Joost Pretorius (junior seuns- wawielkampioen met 755 wawiele), Mario Opperman (senior seunswawielkampioen met 1 233 wawiele), Isabella Swart (kleuterwawiel-kampioen met 1 116 wawiele), Anri Loots (senior meisies se wawielkampioen met 1 000 wawiele) en Danika Smit (junior meisies se wawielkampioen met 1 294 wawiele).

Hierdie groep tuimelaars van die Ecarté-gimnastiekklub in Modimolle het aan die Suid-Afrikaanse Aerialnastix-gimnastiekspele in Benoni deelgeneem en medaljes ingepalm. Voor is Isabella Swart (tuimel en trampolien), Kialize Swart (tuimel, bankie en trampolien), Mario Opperman (trampolien en tuimel), Zúret Gilliland (bankie, tuimel en trampolien) en Jenna Lee Schutte (trampolien). Agter staan Stiaan Opperman (tuimel), Shiane van Tonder (trampolien), Danike Nortman (trampolien en tuimel), Shilo van Tonder (trampolien) en Rialet Potgieter (trampolien, tuimel en bankie). Hulle word afgerig deur Petro von Alleman.

Mario Opperman, ’n vlak 6-tuimelaar van die Ecarté-gimnastiekklub, mag maar trots voel. Hy is tydens die Suid-Afrikaanse gimnastiekspele in Kaapstad gekies vir die “Region 5” Suid-Afrikaanse span. Hy sal Suid-Afrika op Woensdag 11 Desember in Pretoria, verteenwoordig waar al die Afrikalande meeding. Hy is die enigste tuimelaar van Limpopo wat hierdie prestasie behaal het. Saam met hom op die foto staan sy trotse afrigter, Petro von Alleman.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button