Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Die gedenkdiens van Thia Horak (73) van Bela-Bela, wat op Dinsdagoggend 12 November ná ’n lang siekbed oorlede is, vind op Maandag 25 November om 11:00 vanuit die NG-gemeente Warmbad Wes plaas. Die datum van die gedenk-
diens val op dieselfde dag as haar huweliksherdenking. Sy laat haar man, Hennie, en hul twee kinders, Hennie Horak en Dorette van Dyk agter.

 

Die Mo­di­mol­le-po­li­sie ver­soek hier­die man om die sta­sie te be­soek of om sers. Aman­da Ros­souw te bel by tel. 071 133 8524. Hy kan be­hulp­saam wees in ’n on­der­soek.

 

Die Vroue van Waarde-liefdadigheidsorganisasie (WOW) het op Vrydag 15 November geskenkpakke aan 71 behoeftige leerders van Hoërskool- en Laerskool Warmbad oorhandig. Die bokse het onder meer skryfbehoeftes, toiletware en klere ingesluit en is moontlik gemaak danksy verskeie donateurs uit die gemeenskap. Op die foto is Franci van Heerden (organiseerder) Hennie Coetzee (hoof van Laerskool Warmbad) en Petro Bothma, organiseerder, by van die bokse.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button